Akademici steel

Elf akademici van die Noordwes Universiteit word ondersoek oor bewerings van plagiaat wat gepleeg is in navorsingsartikels.

Daar word beweer dat akademici, onder wie professore en doktore, beskuldig word van plagiaat en dat hul optrede verwys is na die Raad van Hoër Onderwys.

Die Departement van Natuurlike en Landbouwetenskap is klaarblyklik die fakulteit wat betrokke is, en die personeel wat by die skandaal betrek word, beklee senior poste by die Mafikeng kampus.

Universiteite steun op geldelike bydraes van die Departement van Hoër Onderwys wat navorsingspublikasies beloon met R120 000.

Die name van die betrokkenes is nog nie bekend gemaak nie en word met belangstelling afgewag.