31 Desember 2017 “vat ons grond”

BLF (Black Land First) se radikale leier, Andile Mngxitama, het in ‘n mediaverklaring  gedreig dat sy organisasie uitgebreide pogings van stapel gaan stuur om grond te “herwin” wat hy reken gesteel is van swartes.

Volgens hom is hulle tans stelselmatig besig om net deeltjies hier en daar te vat, maar die aand van 31 Desember 2107 gaan hulle inbeweeg en op groot skaal grond gaan beset.

Eerskomende Saterdag gaan BLF in die Oos-Rand begin met hul pogings om grond “terug te neem”.

BLF het noue bande met die omstrede Gupta-broers.

Intussen vind die landbou-unie, TLU SA, se algemene raadsvergadering volgende week plaas, waar daar gefokus word op die grondkwessie.

Sou BLF nie vinnig in die bek geruk word nie, kan hier ‘n baie plofbare situasie ontwikkel aangesien boere nie goedsmoeds hulle grond gaan laat beset of afneem nie.