1011 Staking?

Personeel wat die noodnommer 10111 beman gaan moontlik vandag staak na loon onderhandelinge ‘n dooiepunt bereik het.

Volgens werkers het hulle geen alternatief as om te staak nadat hul alle moontlikhede deurgegaan het rondom verhoging van salaris.

Sally de Beer, SAP segspersoon, het gesê dat hul lede van die SAP sal ontplooi om die werk te doen om te verseker dat die oproepsentrum funksioneel bly.

Die vraag wat De Beer nie beantwoord het nie, is wie dan die werk gaan doen wat die uniform personeel moet verrig?