Wetstoepasser vermoor

‘n Veiligheidswag wat passasiers moet beskerm op treine, is in Soweto deur passasiers vermoor.

Die voorval het op die Nancefield stasie plaasgevind. ‘n Tweede sekuriteitswag is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal.

Skynbaar het pendelaars kwaad geword toe die wagte hulle werk gedoen het, en passasiers om hulle treinkaartjies gevra het. ‘n Aantal van hulle het geen kaartjies gehad nie, en in plaas daarvan om kaartjies te gaan koop, het hulle die wag vermoor en die ander een ernstig beseer.

Hierdie voorval bring die aantal vermoordes op dieselfde stasie die afgelope week op vier te staan.