Wêreld se grootste lens word installeer

Konstruksiewerk het pas begin om die wêreld se grootste optiese teleskoop op te rig in Chili wat uiteindelik in 2024 in gebruik geneem sal word.

Met die reuse projek sal sestien nasies die beste insae kan kry in die wonder wêreld van die skepping.

Die seremonie om die 39-meter deursnit lens se toerusting op te rig, het verlede Vrydag plaasgevind op die piek van die Cero Amasone gebergtes waar dit op die 3 000 meter hoë bergkruin sal staan.

Die terrein is gekies weens sy droë, wolklose klimaat vir die grootste deel van die jaar wat die gereelde gebruik van die reuse teleskoop verhoog.

Wanneer die konstruksie afgehandel is sal die ekstra groot lens beskikbaar wees aan ’n konsortium wat bestaan uit Brasilië, Brittanje, Frankryk en Duitsland.

Die hoof spieël sal toegerus wees met 800 seskantige seksies waarvan elk ’n deursnit het van 4 meter wat met uiterste presisie aan mekaar gekoppel word.

’n Woordvoerder van die projek sê die nuwe teleskoop sal vyf keer groter wees as die grootste wat tans beskikbaar is, en sal 13 keer meer lig versamel, wat dit ’n reuse sprong sal gee om die ruimte te verken.

Wetenskaplikes wil met die nuwe teleskoop onder meer ook soek na moontlike planete wat verby die sonnestelsel is en meer bekende planete van “naderby” ondersoek.