Wêreld Nuusflitse – 30 Junie

Nederland

Die outoriteite in Nederland het die land se spoorwegdiens met sowat 40 miljard euro beboet weens beweerde magsmisbruik.

 

Vlaandere

Die owerheid in Vlaandere het ’n verbod geplaas op die onverdoofde slag van diere by slagpale. In die toekoms moet ’n dier eers verdoof word alvorens hy geslag mag word.

 

Australië

Kardinaal Pell van die Roomse Katolieke Kerk in Australië word aangekla weens beweerde seksuele misbruik van minderjariges.