Wêreld Nuusflitse – 26 Junie

Brittanje

Minstens nog vyf blokke woonstelle in Londen voldoen nie aan regulasie vereistes van materiaal wat gebruik is nie en word ontruim sodat die nodige opgradering gedoen kan word om die brandgevaar te beperk.

 

Sjina

Na hewige reënbuie in Sjina, het meer as 140 mense omgekom in verskeie grondverskuiwings wat selfs woonplekke toegeval het.

 

Afganistan

Sowat 34 mense het omgekom in Afganistan toe ’n motorbom ontplof het terwyl hulle by ’n bank tou gestaan en wag het om hulle salarisse te trek.

 

Wetenskap

Navorsers het gevind dat hoe meer ’n voël vlieg, hoe meer langwerpig is haar eiers wat sy daarna lê.

 

Turkye

Die Turkse regering het die departement van onderwys opdrag gegee om die teorie van die evolusie te verwyder uit die leerplan van skole.

 

Pakistan

’n Olietenkwa wat omgeslaan het is vir die dood van 139 mense verantwoordelik wat van die lekkende olie wou opvang, maar toe ontplof die tenkwa en vernietig ook sowat 70 motorfietse en enkele motorvoertuie.