Wêreld Nuusflitse – 22 Junie

Frankryk

Ondersoek word gedoen na die Franse president, Emmanuel Macron, wat etlike jare gelede as minister van ekonomiese sake in die Sosialiste regering, meer as 380 000 euro spandeer het tydens sy besoek in Las Vegas.

 

Portugal

Tydens die bestryding van die bosbrande in Portugal, het een van die vliegtuie wat gehelp het om die brande te blus, onverwags neergestort en self ook aan die brand geslaan.

 

VSA

Die Trump-administrasie het bekendgemaak dat sanksies teen Rusland verskerp word weens die land se steun aan die pro-Russiese rebelle in die Krim gebied van die Oekraïne.

 

Afrika

Hernude gevegte in die Sentraal Afrika Republiek het gelei tot die dood van minstens 50 mense, en die moontlikheid van veel groter gevegte wek kommer dat die gebied weer kan verval in ’n eindelose magstryd wat die dood van baie mense kan beteken.

 

België

’n Mislukte bomaanval deur ’n vermoedelike Moslem terroris in die Belgiese hoofstad Brussel, het tot die dood van een persoon gelei, en dit is slegs die bomplanter wat omgekom het nadat die polisie hom geskiet het.