Wêreld Nuusflitse – 12 Junie

Libië

Saif al-Islam Kadhafi, die ter dood veroordeelde seun van die vroeëre diktator van Libië, Moammar al-Kadhafi, is vrygelaat uit die gevangenis van de stad Zintan en het die stad daarna verlaat

 

Brasilië

Een van Italië se gevaarlikste en sterkste Mafiabaas, Vincenzo Macri, is in Brasilië in hegtenis geneem deur die land se polisie, en sal waarskynlik binnekort verhoor word deur ’n regter van die hoërhof.

 

Afganistan

Soldate van die Afgaanse weermag het drie weermag soldate van Amerika per ongeluk doodgeskiet, maar die Taliban beweer sy vegters is verantwoordelik vir die voorval.

 

VSA

Die Amerikaanse Minister van Justisie, Jef Sessions, het gevra om voor die Senaat se Inligtingskommissie te getuig in antwoord op die ontslaande FBI direkteur, James Comey se beskuldigings teen hom.