Weer ‘n nuwe polisie kommissaris

Luitenant-generaal Lesetja Mothiba is met onmiddellike effek aangestel as waarnemende polisie kommissaris.

Die veelbesproke Khomotso Phahlane se waarneming as polisie hoof het op 1 Junie verval.  Alhoewel Jacob Zuma hom bedank het vir sy “leiding” van die polisie, het hy nie sy kontrak verleng nie maar verkies om Mothiba aan te stel.

Intussen moet Phahlane nou redes aan die minister van polisie voorlê waarom hy nie geskors moet word uit sy permanente pos as hoof van forensiese ondersoeke nie.  Hy is self reeds geruime tyd onder die soeklig vir korrupsie en ander bewerings teen hom.

Zuma gaan skynbaar in Augustus ‘n permanente kommissaris aanstel, nadat die vorige kommissaris, Riah Piyega, steeds geskors en met volle salaris by die huis sit. Haar kontrak verstryk later die maand.