Wat eet ons vanaand?

Hier volg ‘n maklike varkworsies resep wat sommer vinnig aanmekaargeslaan kan word. Die kinders sal vreeslik daarvan hou. Die resep lewer 4 porsies.

 

Varkworsie en pasta roerbraaigereg:

Bestanddele:

500 ml elmboog macaroni

15 ml kookolie

6 varkworsies

1 ui en skyfies gesny

1 rooi appel in dun skyfies gesny

15 ml vars pietersielie fyngekap

30 ml ongegeurde jogurt

Sout en gemaalde swart peper na smaak

Tamatieskyfies vir garnering

 

Metode:

Kook die macaroni in soutwater tot gaar en spoel af onder lopende koue water.

Verhit die kookolie in ‘n swaarboompan en braai die worsies 10 – 15 minute tot gaar. Draai dit dikwels om. Sny dit in happie groottes wanneer dit gaar is.

Meng die worsies, ui, appelskyfies, pietersielie en jogurt en geur met sout en swart peper.

Meng die macaroni en die worsiemengsel en verhit oor baie lae hitte tot deurwarm terwyl dit liggies geroer word.

Skep dit in n verhitte opdienbak en garneer met tamatieskyfies en bedien dit dadelik.

 

Geniet ‘n heerlike aandete