VSA weskus oorstroom met skulpdiertjies

Aan die weskus van die verenigde State van Amerika het ’n onbekende natuurverskynsel talle wetenskaplikes die kop laat krap toe miljarde klein skulpdiertjies, wat ook as ’n mossel bekend is, die gebied “oorstroom” het.

Die skulpdiertjies, wat ook as manteldiertjies of mossels bekend is, word selde in die see gevind, maar derduisende daarvan word nou aan die westelike kus gevind.

Ervare vissermanne en bekende wetenskaplikes is ewe stomgeslaan oor die rare verskynsel waarvoor hulle geen logiese verklaring kon vind nie.

Die diertjies wat slegs enkele millimeter lank is, hou op ’n wyse aan mekaar vas, en vorm ’n string wat die kolonie tot dertig meter lank maak.

Wetenskaplikes sê hulle is gefassineer deur die sonderlinge organismes wat gewoonlik gevind word in warmer, tropiese omstandighede, wat dus strydig is met die omgewing waar hulle hul nou bevind.

Wat dit nog vreemder maak, is dat die diertjies ook versprei na die noordelike gebiede van Alaska waar dit veel kouer is as in tropiese klimaat omstandighede.

Foto – Onbekende mossel