VSA vra sagter optrede teen Qatar

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, het ’n beroep gedoen op lande in die Midde-Ooste om hulle maatreëls teen Qatar meer soepel te maak.

Minister Tillerson het gevra die Verenigde Arabiese Emirate, Saoedi-Arabië, Egipte en Bahrein moet die isolering van die Golfstaat Qatar versag.

Hy sê die huidige maatreëls blokkeer die operasies van die Amerikaanse weermag wat optree teen die Islamitiese Staat (IS).

Tillerson het ook versoek dat Qatar “vinniger en meer” moet doen om terrorisme te beveg en het reeds vooruitgang getoon deur finansiële steun aan terroriste te staak en hulle uit die land te verdryf.

Te midde hiervan behoort die regering van Qatar nog meer te doen om die terroriste te beveg, het Minister Tillerson gesê.

Hy het die lande van die Midde-Ooste opgeroep tot kalmte en dialoog om die spanning te verlig en betrekkinge te herstel.

Foto – Minister Rex Tillerson