VSA vervolg vyf VW hoofde

Die Amerikaanse vervolgingsgesag het ‘n internasionale arrestasie bevel uitgereik waarin minstens vyf voormalige bestuurshoofde van Volkswagen vervolg word vir hulle aandeel in die dieselskandaal.

Die Duitse owerheid het egter geweier om die vyf mense uit te lewer aan Amerika, wat waarskynlik die spanning tussen kanselier Angela Merkel en president Donald Trump verder kan verhoog.

Die vyf voormalige uitvoerende amptenare van Volkswagen word vervolg weens hulle beweerde aandeel aan die dieselskandaal en bedrog in die VSA.

Volkswagen het ’n swaar boete gekry en ’n vergoeding aan eienaars betaal wat diesel motors besit nadat die Amerikaanse hof uitspraak gelewer het.

Nou word senior amptenare van Volkswagen vervolg, maar Duitsland het reeds geweier om die vyf beskuldigdes uit te lewer.

Kenners sê dit word betwyfel of Duitsland gehoor sal geen aan die Amerikaanse eis om die mense uit te lewer, wat waarskynlik die betrekkinge tussen die twee lande verder kan vertroebel.