VSA veroordeel Sjina se optrede

Die Pentagon hoof, minister Jim Mattis, sê Sjina het pogings aangewend om Noord-Korea te beïnvloed, maar wys daarop dat Amerika nie gaan toelaat dat Sjina sy mag uitbrei in die Sjinese Suidsee gebied nie.

Minister Mattis sê die Amerikaanse regering het waardering vir Sjina se rol om Noord-Korea te probeer afsien van sy kernwapen ontwikkelingsprogram, maar is nie tevrede met Sjina se rol in die Suidsee gebied waar Sjina kunsmatige eilande bou nie.

Hy het Saterdag gesê Sjina se militêre vestiging in die Sjinese Suidsee sal nie deur die VSA aanvaar word nie,

Mattis het in Singapoer die Shangrila streeksweermag besoek en bygevoeg dat die VSA nie kan toelaat dat Sjina die status quo in die Sjinese Suidsee versteur nie.

Sjina het verskeie kunsmatige eilande in die Suidsee opgerig waarvan minstens een toegerus is met ’n groot vliegveld waar Sjinese vegvliegtuie kan land en opstyg.

Minister Mattis het daarop gewys dat die optrede van Sjina in stryd is met die internasionale reg en veroorsaak spanning onder ander lande van die gebied omdat dit hulle regte benadeel.