VSA toets nuwe missiel afweerstelsel

Die Amerikaanse weermag het ’n suksesvolle toets uitgevoer met ’n nuwe afweerstelsel vir interkontinentale missiele.

Die stelsel wat daarop gemik is om enige moontlike aggressie van die kommunistiese Noord-Korea af te weer, het sy eerste toets suksesvol uitgevoer wat groter beveiliging van Amerika verseker.

Die Pentagon het die toets uitgevoer vanaf die Marshall Eiland in die Stille Oseaan met ’n interkontinentale vuurpyl wat opgespoor is deur die nuut ontwerpte missiel afweerstelsel vanaf die Vanderberg-basis in Kalifornië.

Die onderskepping was ’n sukses wat die ballistiese missiel aanval uit Noord-Korea doeltreffend sal afweer, en word beskou as ’n kritieke mylpaal is die stryd teen die aggressiewe Noord-Korea.

Vise-admiraal Jim Syring het later gesê die nuwe ontwerp is ’n ongelooflike mylpaal en is ook die bewys van die tegnologiese vermoë waaroor die VSA beskik om deel te vorm van die afskrikmiddels teen enige bedreiging.

Die afweerstelsel wat toegerus is met radar en spesiale sensor komponente versprei seine oor die hele wêreld om vyandelike missiellanserings op te spoor vanuit die ruimte.

Die ontwikkeling is spesifiek ontwerp om die onvoorspelbaarheid van die kommunistiese leier, Kim Jong-Un te neutraliseer wat waarskynlik op een of ander tydstip daarin gaan slaag om ’n langafstand ballistiese missiel te ontwikkel.