VSA skiet Siriese vliegtuig af

’n Vegvliegtuig van die Amerikaanse lugmag het ’n vliegtuig van die Siriese weermag afgeskiet in die suidelike Raqqa gebied.

’n Woordvoerder in Washington het bevestig dat ’n Siriese vliegtuig bomme gegooi het naby die koalisiemagte se basis.

Die Siriese owerheid in Damaskus het in reaksie op die neerskiet van hul vliegtuig gesê die bedoeling was om die Islamities Staat te bombardeer.

Die Siriese televisiediens het berig dat ’n vliegtuig van die Siriese weermag neergestort het en dat die vlieënier vermis word.

Die bewering dat ’n Amerikaanse vegvliegtuig die bomwerper afgeskiet het, word nie deur die Siriese media gedra nie, wat die indruk laat dat die vliegtuig weens ander redes gebots het.

Amerika beweer dat die vliegtuig neergeskiet is uit selfverdediging nadat die Siriese bomwerper verskeie bomme naby die koalisiemagte afgegooi het.

Intussen word berig dat die Siriese lugmag daarin kon slaag om verskeie gebiede in die olievelde van die land af te neem wat deur die Islamitiese Staat beheer was en het ook ’n groot landelike gebied herower.