VSA Republikeine wen tussenverkiesings

Die Republikeinse kandidaat, Karen Handel, het met 85% van die stemme getel, die tussenverkiesing in die Amerikaanse deelstaat Georgia gemaklik gewen.

Voorlopige syfers toon dat sy minstens 53% van die stemme getrek het teenoor die kandidaat van die linkse Demokratiese Party.

Politieke ontleders sê dit is ’n toets vir die Trump-administrasie wat deur die linkse media se berigte ’n baie klein ondersteuningsbasis het.

Op ’n stadium het verlinkse CNN beweer dat president Trump se steun gedaal het tot sowat 30%, maar die tussenverkiesings spreek van die teendeel.

Jon Ossoff, die Demokrate se kandidaat, het glo toegegee dat hy die verkiesing teen Karen Handel verloor het.

Intussen is verneem dat die Republikeine ook die setel van Suid Carolina behou het waar Ralph Norman die kandidaat is.

Beide deelstate is tradisioneel Republikeinse gebied, maar die Demokrate het gehoop dat hulle beide setels kon inpalm omdat hulle geglo het die steun vir president Trump het drasties gedaal.

Kenners wys daarop dat die meningspeilings van die linkse media uiters onbetroubaar is in die VSA, en die pas afgelope tussenverkiesings het dit waarskynlik bevestig.

Foto – Karen Handel