VSA diplomaat smous inligting aan Sjina

’n Voormalige beampte in die diplomatieke diens van Amerika het hoogs geheime en geklassifiseerde inligting verkoop aan ’n Sjinese intelligensie agentskap vir sowat $16 500.

Kevin Patrick Mallory het die kontant in een van sy bagasie tasse gehad, en sal glo eersdaags in die federale hof van Virginië verskyn.

Ingevolge die Amerikaanse wet kan hy ’n lewenslange vonnis opgelê word indien hy skuldig bevind sou word.

Mallory is ’n kontrakteur wat onder meer ’n Sjinese taal vlot praat en het ’n klaring om toegang in die afdeling vir hoogs geheime sake gehad tot 2012.

Die 60-jarige man was ook ’n weermag veteraan wat ook ’n spesiale agent van die departement was tot 1990.

Klaarblyklik het Mallory na Sjina gereis in April waar hy glo mense ontmoet het wat ook verbonde was aan ’n “spesiale dinkskrum”.

Met sy terugkeer na die VSA is hy in Chicago by die lughawe ondervra nadat hy versuim het om die kontantgeld van $16 500 te verklaar wat in sy bagasie gevind en later deur die FBI ondervra is.

Volgens hofstukke het die FBI gevind dat hy ook $25 000 ontvang het van “individuele persone” wat saam met die geklassifiseerde dokumente in ’n ander bagasie tas versteek was.