Volksraad gee wyd terugvoer, wag mosies in

Nadat die Boere-Afrikanervolksraad reeds verslagvergaderings gehou het op Paardekraal en Orania, word nog ‘n reeks vergaderings oor die land behou binne die volgende weke.

Die doel is aan die een kant om verslag te doen van hulle werksaamhede bekend te maak. Tydens die verkiesing van 2011 is die Volksraad opdrag gegee dat hulle vryheid vir die deel van die Afrikanervolk wat dit wil hê, moet verkry. Talle dokumente is in die verband opgestel, buitelandse besoeke is gebring en selfs ‘n gesprek is met die waarnemende president van Suid-Afrika gevoer toe Zuma op een van sy buitelandse reise was.

Die tweede doel is om voorstelle van die volk te kry oor die pad vorentoe. Die voorstelle kan in die vorm van mosies by die terugvoervergaderings voorgelê word, maar kan ook aanlyn geplaas word by http://vvk.co.za/Mosies-voorstelle/

Die volgende vergaderings vind plaas soos volg:

Pietersburg, 8 Julie 2017, 10:00 vm, Laerskool Pietersburg, h/v Thabo Mbeki- en Dorpstrate (ingang in Thabo Mbeki by die oorbrug)

Vryheid, 15 Julie 2017, 10:00 vm, Boere-unie-saal by die Veilingskrale.

George, 22 Julie2017, 10:00 vm, George Skousaal

Kathu, 29 Julie 2017, 10:00 vm, APK-saal, Kelkiewynstraat 25

Klerksdorp, 5 Augustus 2017, 10:00 vm, Hervormde Kerk, Môrester (langs N12)