Trump sê Comey lieg onder eed

In reaksie op James Comey se bewering dat die Amerikaanse president gelieg het, sê president Trump dat die voormalige hoof van die FBI onder eed gelieg het.

Die afgedankte Comey het voor die Senaat se Inligtingskommissie getuig en gesê die president het probeer om hom te beïnvloed oor die ondersoek na Russiese inmenging in die presidentsverkiesing.

Die president het daarop gewys dat die voormalige FBI hoof nie net gelieg het nie, maar het ook vertroulike inligting na buite bekend gemaak.

Die versuurde verhouding tussen die FBI direkteur en die nuutverkose president het vroeg in die verkiesingsveldtog ontstaan toe Trump sy twyfel oor die FBI se doeltreffendheid uitgespreek het.

Trump het egter probeer om die verhouding te verbeter deur ’n persoonlike besoek te bring aan die FBI hoofkwartier, waar hy goed ontvang is, maar kort daarna het die spanning weer opgebou tussen die twee wat uiteindelik gelei het tot Comey se afdanking.

In sy getuienis beweer Comey onder eed dat president Trump hom tydens ’n gesprek laat verstaan het om die ondersoek na Michael Flynn te staak, wat hy as ’n bevel van die president vertolk het.

Onder kruisverhoor het Comey later erken dat hy ’n opname van ’n gesprek met die president na die pers gelek het.

Kenners wys daarop dat die optrede van Comey in direkte botsing is met sy amp as FBI direkteur, asook strydig is met bepalings van die Amerikaanse grondwet.

Foto – President Donald Trump