Trump aanvaar Franse uitnodiging

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ’n uitnodiging van die Franse president, Emmanuel Macron, aanvaar om Frankryk se Nasionale dag se feesvieringe by te woon.

Die fees wat op 14 Julie in Parys gehou word, beloof om ’n luisterryke geleentheid te wees waarheen talle staatshoofde uitgenooi is.

Die woordvoerder van die Franse paleis, Elysée, sê die Amerikaanse Wit Huis het die vriendelike uitnodiging na die fees aanvaar.

Die Amerikaanse president is deur sy eweknie in Frankryk telefonies uitgenooi en gevra dat sy eggenote, Melanie Trump, hom sal vergesel na die besondere geleentheid.

Die feesgeleentheid word ook bygewoon deur ’n aantal Amerikaanse militariste om aan die parade deel te neem ter herdenking van die Eerste Wêreldoorlog van ’n eeu gelede.