Toue word langer by Guptas

Die persone wat geld en donasies bedel of gebedel het by die Guptas word al hoe langer soos die e-pos sage ontvou.

Die Black First Land First (BFLF) se Andile Mngxitama, is na bewering ook deur die Guptas gefinansier, alhoewel hy dit heftig ontken.

Die e-posse toon egter dat hy in 2016 met Oakbay se uitvoerende bestuurder, Nazeem Howa, in verbinding was en sy dank uitgespreek het teenoor Howa.

Waarnemers wys daarop dat niemand iemand sommer net vir iets bedank nie. Waarvoor die bedanking egter was, weet is nog nie duidelik nie.