Theresa May kry wind van voor

Dit is nie net die Brexit onderhandelinge met die Europese Unie wat die Britse eerste minister se spanningsvlakke laat styg het nie, maar ook die onderhandelings met ’n moontlike koalisievennoot bemoeilik haar taak na die verkiesing waarin haar party veld verloor het.

Die hoop om sterker te staan na die algemene verkiesing, was ’n oordeelsfout, en is die premier se Konserwatiewe Party ernstig geknak toe hulle nie daarin kon slaag om weer ’n volstrekte meerderheid te behaal nie.

Nou blyk dit dat onderhandelinge met die Noord-Ierse Demokratiese Unioniste Party (DUP) nie so goed verloop as wat aanvanklik geoordeel is nie, en kon ’n akkoord tot samewerking nie gefinaliseer word nie.

Premier May het die steun van die Noord-Ierse DUP nodig om sekere beleidsrigtings deurgevoer te kry, maar daarsonder sal sy onder meer haar grootste ideaal moet laat vaar om afsonderlike spesiale grammatika taalskole op te rig.

Intussen het die linkse Arbeidersparty gesê hulle is gereed om by die Tories oor te neem om die Brexit onderhandelings sinvol deur te voer.

Haar pan om universele skoolmaaltye in te stel, sal ook voorlopig van die baan wees, wat haar algemene aansien onder kiesers nadelig beïnvloed aangesien geen van haar verkiesingsbeloftes bewaarheid word nie.