Tesla motors kry musieksentrum

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr, ruimte tegnoloog en elektriese motorvoertuig vervaardiger in Amerika, Elon Musk, poog om ’n spesiale komponent in sy Tesla motors in te bou tot voordeel van die eienaars.

Die dinamiese vervaardiger wil ’n musiek “stroom” in elke motor bou wat beteken dat die passasiers in die motor altyd ’n outomatiese musieksentrum in die motor het wat tydens die vervaardiging geïnstalleer word.

Volgens die vervaardiger is die onderhandelinge met byna alle groter musiek instansies gefinaliseer en indien Musk dit kan deurvoer, kry elke eienaar van ’n elektriese Tesla motor ’n gratis “musiek stroom”.

“Op die manier wil die Tesla maatskappy ’n spesiale luister ervaring bied aan sy eienaar”, het ’n woordvoerder van die Tesla motorfabriek gesê.

Tans is daar sowat 300 000 elektriese Tesla motors op die pad, en bestellings vir meer as 300 000 motors word nou vervaardig in Amerika.