Swart musikant in sop oor liefde vir wit meisies

‘n Swart Durbanse musikant, ene Duncan, is onder sy eie mense in die moeilikheid omdat hy op Twitter gesê het dat hy nie meer swart meisies wil uitneem nie en nou net blanke meisies verkies.

Hy sê hy het opgehou om swart meisies uit te neem, omdat hulle sy penne gesteel het en hulle wimpers begin inkleur het. Hy sê ook swart meisies sal vra vir petrolgeld nadat hulle uitgegaan het, al het hulle nie eens ‘n voertuig nie.

Nadat hy erg oor die kole gehaal is oor sy opmerkings, het hy beweer dat sy Twitter rekening gekaap is.

Foto: Duncan