Smeltende Antarktika wek ernstige kommer

Gedurende die afgelope paar maande het ’n vreemde weerpatroon in Antarktika verskeie wetenskaplikes tot ernstige kommer gestem.

Die westelike Antarktika se ys word al meer onstabiel as gevolg van merkbare klimaatsverandering wat ondervind word.

In Januarie vanjaar het wetenskaplikes ontdek dat ’n geweldige groot deel van die westelike streek, wat sowat 800 000 vierkante kilometer beslaan, besig is om te smelt,

Die smelting word toegeskryf aan ’n ongewone sterk El Niño wat in 2016 ondervind is en wat verantwoordelik is vir die geweldige droogtetoestande wat wêreldwyd ondervind is.

Wetenskaplikes sê dit kom nooit voor dat so ’n reuse oppervlakte begin smelt nie, en het minstens nie in die afgelope 50 jaar gebeur nie.

El Niño is ’n weerpatroon wat sorg dat abnormale warm seestrome in die Stille Oseaan vloei, en wat die smelting in die ysgebiede van die twee pole veroorsaak.

Die ondersoekspan meen die smelt van so ’n groot gebied kan baie ernstige gevolge inhou met die temperatuur wat wêreldwyd gaan verhoog.