Skotse nasionaliste verloor talle setels

Die Skotse nasionaliste se eis om ’n tweede referendum te hou oor onafhanklikheid het ’n swaar slag gekry toe die Skotse Nasionale Party (SNP) van Nicola Sturgeon 21 van haar 56 setels verloor het in die afgelope algemene verkiesing in die Verenigde Koninkryk.

Die partyleier, Nicola Sturgeon moes twee jaar gelede toekyk hoe die Konserwatiewe Party van die belangrikste setels ingepalm het.

Met die jongste verkiesing het die SNP soveel steun verloor dat dit ’n moontlike oorwinning in ’n referendum oor onafhanklikheid laat grens aan die onmoontlike.

Gedurende Maart vanjaar het sy in die Skotse parlement gesê die land maak gereed vir ’n tweede referendum oor onafhanklikheid, en wil daarmee ook verseker dat die land ook as lid van die Europese Unie kan voortgaan.

Sturgeon het daarop gewys dat Skotland ’n meerderheid stemme uitgebring het ten gunste van voortgesette EU lidmaatskap tydens Britse referendum.

Noord-Ierland het ook ten gunste van voortgesette lidmaatskap gestem, maar is deur die EU verwittig dat hereniging met die Republiek van Ierland sal verseker dat hulle lidmaatskap geniet by die EU.

Sturgeon het intussen ’n beroep op alle partye gedoen om saam te staan en die Tories as regerende party uit te skakel, maar die oproep is gekortwiek toe die leier van die Demokratiese Unioniste haar steun aan premier May gegee het.

Foto – Nicola Sturgeon