SAUK draai Gupta krane toe

Die SAUK het die ontbytprogram The New Age Morning Live (TNA) gestaak.

Die mediamaatskappy van die Guptas het baie gebaat by die program. Onder Hlaudi Motsoeneng se leiding het politieke figure se siening oor sake van die dag tot bykans 45 onderhoude per jaar toegeneem en koste vir die uitsaaier het meer as R20 miljoen beloop waarvan die uitsaaier geen sent verhaal het nie.

Eskom het R1,2 miljoen per program betaal waarvan al die geld na die Gupta beheerde media maatskappy gegaan het .