SAL se Myeni kry geld-klap

Die maatskappye tribunaal het ‘n aansoek van SAL se voorsitter, Dudu Myeni, van die hand gewys waarin sy versoek het dat haar naam oftewel haar rekord by CIPC (Companies and Intellectual Properties Company) verwyder word.

Sy is in 2013 beskuldig daarvan dat sy ‘n raadsbesluit rondom die aankoop van 10 vliegtuie van Airbus wanvoorgestel het.

Myeni is verder beveel om die koste van haar mislukte aansoek self te dra.