SA onderwys oneffektief

Die Gautengse direkteur-generaal van Basiese Onderwys het tydens ‘n dinkskrum oftewel “lekgotla” gesê dat die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel baie swak vaar as dit kom by effektiwiteit en kwaliteit.

Hoë herhalingsyfers, hoë druipsyfers asook hoë uitvalsyfers laat die stelsel in chaos.

Suid-Afrika se uitvalsyfer is 15% teenoor Afrika se 5% en die wêreld se 1%.

Onderwyskenners sê dit is wat die ANC aan ‘n stelsel doen binne 14 jaar en dan word die minister ‘n salaris betaal om dit te aanskou.