SA Geestesgesondheidsorg by afgrond

SASOP (die SA Vereniging vir Psigiaters) het in ‘n verklaring verklaar dat die psigiatriese struktuur in Suid-Afrika besig is om in duie te stort.

Die gemors met die Esidimeni hospitaal is glo net die punt van die ysberg. Daar is tans net ses psigiaters wat die Limpopo gebied bedien, terwyl geeneen van die nege provinsies oor ‘n gemeenskapsgebaseerde psigiatriese diens beskik nie.