SA een stap nader aan algehele skroot

Die agentskap Moody’s Inverstors Service het die land met een vlak afgradeer wat beteken dat die land tans op die laagste beleggingsvlak moontlik is.

Die gradering na Baa3, asook die beskouing dat die land se posisie as negatief beskou word, is nie goeie nuus vir die land nie.

Tesame met die resessie waarin die land nou verkeer, die eerste sedert 2009, is verdere slegte nuus vir die land se sake sektor.

Moody’s se afgradering het die land volgens hom tot een vlak bo rommelstatus laat daal. Twee ander agentskappe het die land egter reeds tot rommelstatus afgegradeer. Die feit dat Moody’s se vooruitsigte op negatief staan, is ‘n aanduiding dat hy waarskynlik by ‘n volgende geleentheid wel die land tot rommelstatus sal verklaar, tensy iets baie drasties verander.