Roomse biskoppe vra Zuma moet bedank

Die Rooms Katolieke biskoppe van SA het ‘n beroep gedoen op alle persone wat betrokke mag wees by die Guptas se staatskaping om te bedank.

Hul het hul skok uitgespreek oor die e-posse wat sover die lig gesien het.  Hulle het Zuma indirek blameer vir die toestand waarin die land hom bevind.

Waarnemers wys daarop dat met die talle sogenaamde Gupta e-pos sage, skielik baie name opgeduik het van mense wat met die Guptas verbind word. As almal van hulle moet bedank soos wat die biskoppe vra, die kabinet, staatsdepartemente en staatsinstellings met geweldige bestuursleemtes sal sit. Dit sal egter steeds beter wees as dat bestuursposte deur korrupte amptenare en verkosenes gevul word.