Reuse opium plaas in VSA gevind

Amerikaanse polisie het ’n reuse operasie uitgevoer en per geluk op ’n opium plaas afgekom terwyl hulle met ander ondersoeke besig was.

Die opium plaas in Noord-Carolina het papawer aanplantings wat dwelms ter waarde van sowat $500 miljoen sal oplewer.

Een van die polisie se ondersoekbeamptes het die woonhuis genader op soek na iets anders, en toe hy aan die deur klop het een van die mense gesê hy aanvaar die besoek is om na die beskikbare opium te kyk.

Die plaas waar die papawers gekweek word is redelik na aan Claremont en daar het die polisie meer as 2 000 plante gevind wat agter die woonhuis aangeplant is.

Die plaasdiere was in ’n verwaarloosde toestand en talle karkasse het oral rondgelê terwyl baie in hokke was sonder kos en water.

Die polisie het Cody Xiong, die eienaar van die plek, in hegtenis geneem op aanklag dat hy opium vervaardig en versprei.