Rede tot Onvrede

Daar is talle pogings in Suid-Afrika aangewend om weer demokrasie en vrede te vind soos voor 1994, maar dit misluk telkens. Apartheid is die beste oplossing wat oral in die wêreld behaal is en tog kan die voordele daarvan nie deur die swart leiers in Suid-Afrika ingesien word nie. Nou moet ons na ander moontlike oplossings kyk om suksesvol te wees. Die swartes het nou eenmaal ‘n ingeprente wanindruk oor regeringvorms.

Dit blyk dat sommige swart leiers eensydig glo dat hulle in ‘n staat van stryd verkeer. Hierdie oortuiging sal nooit deur die blankes verander kan word nie omdat die wanbegrip deur die swartes besef moet word.

Dit kos nie twee om rusie te maak of aan te val nie. Die blankes alhier het nog nooit aangeval of onderdruk nie en deurgaans pogings aangewend om in vrede met almal te leef. Onkunde aan die anderkant kweek bose gedagtes en veroorloof vyandigheid met die doel om te oorwin, al ontbreek ‘n tweede vyandige party.

Aangesien die swart leiers hulself in ‘n staat van stryd en onvrede geplaas het, begeer hulle vrede, een van hulle goue woorde om te oortuig dat hulle selfbeskerming toepas; selfbeskerming wat slegs in hulle gedagtes bestaan. Hulle is eerlik en opreg en eg toegewy aan vrede omdat hulle glo die sterk blankes moet beveg word. Daardie vrede kan beskryf word as beëindiging van vyandelikhede deur oorwinning oor die blankes.

Hulle glo opreg in hulle gemoed dat vyandelikhede bestaan sonder dat daar regverdiging voor is. Hulle glo eerlik dat die blankes die swartes as bywoners beskou en hulle afgeskeep het. Daar was glo genoeg geld in die staatskas vanuit bronne soos inkomstebelasting, invoerbelasting, BTW en ander om onverpoosd elektrisiteit aan almal te voorsien, en lopende water, en behuising, en paaie bou, en gratis universiteite, en reise. Munisipale owerhede kon dadelik alle geriewe voorsien. Instandhouding is onnodig.

Na regeringsoorname het die swart leiers in bykans ‘n kwarteeu nie ‘n kwart bereik van wat hulle beloof het nie, en op verskeie gebiede het die toestande versleg. Hulle het ontdek dat daar veel meer in regeervermoë is as wat hulle kon hanteer. Geld kan nie sonder deeglike beplanning bestee word nie omdat die fontein vinnig opdroog. Wanneer sake handuitruk, word apartheid beskuldig wat beteken dat hulle na ‘n kwarteeu nie op apartheid kon verbeter nie.

Die swart leiers ly aan eerlike sinsbedrog sonder dat hulle dit besef, daarom kan hulle nie rasioneel redeneer nie. Enige redenasie met hulle is nutteloos.

Dit wil voorkom asof volkekundiges, gemeenskapkenners en sielkundiges betrek moet word om die swartes te laat besef dat wat hulle glo, ‘n dwaling is.

Nuwe Denker