Rassistiese Verkeersbeamptes verneder vrou voor kinders

In wat as ‘n rassevoorval beskryf kan word, het ‘n vroulike swart verkeersbeampte van Bloemfontein, mev Sharine Barnard deur die gesig geklap voor haar kinders.

Mev. Barnard se bestuurderslisensie het drie dae gelede verval, waarop ‘n ander verkeersbeampte haar motorsleutel wou vat om te verhinder dat sy verder bestuur, en wpou haar ‘n verdere boete ook oplê.

Die vroulike beampte het haar in die gesprek van haar kollega ingemeng, en mev. Barnard deur die gesig geklap terwyl die kinders moes toekyk. Mev. Barnard het toe die verdere gesprek op video vasgelê, waarop die beamptes toe eenkant gaan staan het. Die video is al meer as 2 miljoen keer op sosiale media bekyk.

Die beweerde optrede van twee verkeersbeamptes en sekere polisielede van die Glen Polisiestasie buite Bloemfontein was onaanvaarbaar en ʼn klad op die naam van enige geregsdienaar in die land, het Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat, na die voorval gesê.

“Die VF Plus veroordeel die optrede van beide verkeersbeamptes wat in die voorval betrokke was ten sterkste, sowel as die polisielede by die Glen Polisiestasie buite die stad wat glo geweier het om die vrou se verklaring en klag van aanranding te aanvaar.

“Wat die voorval nog meer ontstellend maak is die feit dat die verkeersbeamptes volgens die slagoffers diskriminerend op grond van die vrou se ras opgetree het, deur herhaaldelik te sê dat hulle haar sal ‘wys dat sy nie verhewe is bo die reg omdat sy wit is nie’.

“Die VF Plus is in verbinding met die vrou en sal namens haar ʼn klag by die menseregtekommissie indien. Ons sal ook die voorval met die LUR van polisie, paaie en vervoer opneem en het haar aangeraai om ʼn klag by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (OPOD) oor die onbehulpsame polisielede in te dien”, sê mnr. Van Niekerk.

Foto: Mnr. Jan van Niekerk