R11 miljoen om tuis te sit

Dit het die belastingbetalers R11,5 miljoen rand gekos om twee geskorste polisielede tuis te laat sit sonder dat hulle ‘n steek werk daarvoor verrig het.

Die nou afgedankte kommissaris Riah Phiyega, en die hoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli, het dié bedrag gesamentlik gekry.

Die kersie op die koek was egter dat Mdluli boonop ’n “diensbonus” van R413 957 gekry.

Die minister van polisie, Fikile Mbalula, het met die sak patats vorendag gekom nadat hy in die parlement daaroor uitgevra is.

Phiyega se kontrak het intussen verval, maar skynbaar is Mdluli staat nog tugstappe in die gesig, en hy is reeds van 2011 geskors en sit hy tuis terwyl hy salaris kry en die staat ook steeds sy pensioenfondsbydrae betaal.

Foto: Riah Pyega, kry miljoene om niks te doen