President Trump vervang ObamaCare

Wat in Amerika bekendstaan as die “Versorging wet” gaan binnekort deur die Senaat verander word wat die omstrede ObamaCare sal beëindig om vervang te word met ’n nuwe wet.

Volgens die Congressional Budget Office (CBO) sal die verandering in die versorging wet sowat 22 miljoen Amerikaners sonder enige versorging versekering laat binne die komende tien jaar.

Die wet, wat op die wetboek as die Affordable Care wet staan is een van president Trump se verkiesingsbeloftes wat nou nagekom gaan word.

Ter verdediging het hy daarop gewys dat ObamaCare volgens die berekeninge van die CBO, 24 miljoen mense sonder versekering gelaat het, maar uiteindelik was dit 13 miljoen wat nie versekering gehad het nie.

Die Trump-administrasie het aanvanklik sterk teenkanting gekry oor sy aanvanklike voorstelle om ObamaCare te vervang, en veral die linkse Demokratiese Party het sterk geprotesteer omdat dit Obama se grootste bydrae as president was, wat nou omvêrgegooi is.

President Trump het in reaksie op die berekeninge van die CBO gesê die berekeningsfoute wat hulle vroeër gemaak het, is ’n bewys dat die liggaam nie oor die vermoë beskik om akkurate berekenings te doen nie.

Intussen het die Amerikaanse Senaat besluit om die stemming oor die nuwe voorgestelde wetgewing voorlopig uit te stel om bepaalde tegniese besonderhede by te werk.