Polisieman vas oor renosterstropery

Nog ‘n geval waar ‘n wetstoepasser ‘n wetsoortreder geword het, het in Natal voorgekom.

‘n Polisiekonstabel is saam met ‘n medepligtige gearresteer en voor die hof gebring op klagtes wat verband hou met renosterstropery.

Die jong konstabel is in Pongola gearresteer deur die polisie se teen-stroperytaakspan.

Die verdagtes het ’n R1-geweer, ’n knaldemper, verskeie patrone, byle en messe in hul besit gehad. Die wapens is saam met hulle voertuig gekonfiskeer.

Skynbaar is die geweer in November 1996 in Pretoria-Wes as gesteel aangemeld.