Polisie “vergeet” om selle te sluit

Ses verdagtes het ontsnap uit polisieselle by die Empangeni polisie selle nadat die beamptes skynbaar vergeet het om die selle te sluit!!!

Drie is intussen weer in hegtenis geneem terwyl die ander drie, waarvan een verhoorafwagtend is vir moord, nog soek is.

Dit is nog nie seker of die verantwoordelike polisiebeampte(s) ondersoek gaan word oor die saak nie, aangesien hierdie nalatigheid of selfs moontlike moedswilligheid, die publiek se veiligheid in gevaar gestel het.