Polisie gebruik skokgranate en rubberkoeëls in Durban

Die polisie moes ‘n groep oproeriges in Durban uitmekaar jaag met skokgranate en rubberkoeëls.

Die protes word gekoppel aan ‘n “anti-immigrante” optrede. Dit volg na die stroping in KwaMashu van uitlander winkels.

Somaliese winkeleienaars is geteiken deur die groepe wat onder andere beweer dat die uitlanders verantwoordelik is vir kapings van vroue en dogters.

‘n Segsman van die ANC, Mdumiseni Ntuli, het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om die oproer te staak en hul verseker dat die ANC-regering  “vrede en stabiliteit as prioriteit daarstel”.  Hy meld egter niks van korrupsie, bedrog en diefstal onder die kaders nie.