Poetin het kwalik met Flynn gepraat

Alhoewel hulle langs mekaar aan tafel gesit het tydens ’n dinee, het president Vladimir Poetin van Rusland kwalik ’n woord met Michael Flynn van Amerika gepraat.

Dit is die reaksie van die Russiese president nadat Flynn daarvan beskuldig is dat hy gedurende die veldtog van die 2016 presidentsverkiesing kontak gemaak het met Russiese politici.

Die dinee waarna president Poetin verwys toe die voormalige veiligheidsadviseur van president Trump aan tafel langs hom gesit het, was in Februarie 2017 in Moskou nadat Flynn ontslaan is as adviseur van president Trump..

President Poetin het die geleentheid later beskryf as ’n byeenkoms met weinig om die lyf, want die dinee is gehou om die TV kanaal, “Russia Today” te promoveer met hulle tiende bestaansjaar.

Poetin het ’n kort toespraak gelewer by die geleentheid, en het eers daarna vasgestel dat die persoon langs hom aan tafel, ’n Amerikaanse veiligheidsoffisier is.

Foto – President Poetin en Michael Flynn