Poetin bied asiel aan Comey

Die Russiese president, Vladimir Poetin, het die afgedankte FBI-direkteur, James Comey, verseker dat Rusland aan hom asiel sal verleen as hy vervolging in die gesig staar.

Rusland was een van ’n paar lande wat etlike jare gelede aan die FBI werker, Edward Snowden, asiel verleen het toe hy duisende dokumente openbaar gemaak het oor Amerikaanse spioenasiewerk teen bondgenoot lande soos Brittanje en Duitsland.

President Poetin het in ’n TV onderhoud gesê dit is vreemd dat ’n FBI-direkteur die vertroulike inligting van ’n gesprek met die land se president, aan die media beskikbaar stel.

Poetin sê dit maak James Comey niks anders as wat Edward Snowden gedoen het nie, en behoort vervolg te word, of moet dalk die land uit vlug.

Meningsvormers is van oordeel dat president Poetin ’n baie raak waarneming gedoen het deur Comey se vrystelling van vertroulike inligting aan die media te vergelyk met die optrede van Snowden, wat deur die VSA vervolg sal word indien hy terugkeer na Amerika.

Foto – President Vladimir Poetin