Plesier boot sink, talle verdrink

In een van Columbië se gewildste vakansieoorde het ’n plesierboot op die meer van El Penol de Guatapé, onverwags begin sink, wat die passasiers na die boonste dek laat beweeg het, maar uiteindelik in die water laat beland het.

Die Columbiaanse polisie sê minstens nege passasiers het verdrink, maar meer as 30 ander word vermis wat vermoedelik ook verdrink het.

Die boot is gehuur vir ’n paartjie wat in die huwelik bevestig is, en hulle gaste op die boot wou onthaal.

Mense het vanaf die land georganiseer en kleiner bote na die toneel geneem om die drenkelinge op te pik, maar talle wat klaarblyklik nie kon swem nie het omgekom.

Die lugmag het ’n helikopter gestuur wat daarin kon slaag om ’n paar mense te red, en tientalle is deur die kleiner bootjies opgepik.

Meer as 25 mense is in nabygeleë hospitale opgeneem en die owerheid het ’n ondersoek na die voorval gelas.