Plaasvrou byna vermoor, polisie ondersoek slegs roof en verkragting

Groot ontevredenheid is veral in landboukringe aan die oplaai omdat die polisie skynbaar die maklike pad verkies om mindere klagtes te ondersoek teen misdadigers.

Die Vryburger het verlede week oor ‘n soortgelyke voorval berig.

Die jongste voorval is dat twee jong terroriste van 21 en 24 jaar oud, skynbaar slegs aangekla gaan word van huisroof en verkragting. Intussen het hulle die 61-jarige mev.  Blackie van den Berg op haar plaas naby Sannieshof aangeval, en en probeer om haar met ‘n vurk te vermoor. Poging tot moord is egter skynbaar nie een van die klagtes teen hulle nie.

Op die wyse word misdaadstatistiek gemanipuleer om beter te lyk as wat dit is, en wat beteken dat die misdadigers ligter vonnisse kry en dus weer gouer op straat vrygelaat gaan word as wat wenslik is.

Foto: Mev Blackie van den Berg na sy byna vermoor is