Phosa genomineer vir ANC president

Mathews Phosa is in Kaapstad deur sewe takke van die ANC genomineer om te staan vir die leiersposisie van die ANC.

Hy het die nominasie aanvaar en gesê dat die mense van die land vra vir verandering.  Die ANC lede in die Kaap sien Phosa as die persoon wat die ANC se probleme kan oplos.

Phosa, ‘n voormalige ANC-premier, het al voorheen in die openbaar gevra dat Zuma moet bedank.