Parlement roep Gigaba op

Lede van politieke partye wil die minister van finansies, Malusi Gigaba, oproep om in die parlement verantwoording te doen rondom die naturalisasie van die Guptas.

Intussen het die direkteur-generaal van binnelandse sake sy vergadering met die parlementêre portefeuljekomitee nie nagekom nie.

Dit wil voorkom asof daar vir tyd gespeel word om hul verskonings in orde te kry of om die “papierspoor” dalk te laat verdwyn rondom hul betrokkenheid met die broers Gupta.

Foto: Malusi Gigaba