Owerheid lamlendig oor leeujag

Die lamlendige owerheid kry dit oor die tydperk van ‘n kwart eeu nie reg om die geblikteleeubedryf te beheer nie.

Die striemende aanval kom van dr. Gerhard Verdoorn, bekende in omgewingsbewaring, nadat dit bekend geword het dat Edna Molewa, minister van omgewingsake, goedkeuring gegee het dat die skelette van 800 geblikte leeus elke jaar na die Ooste uitgevoer kan word.

Dr. Verdoorn beskuldig die departement daarvan dat hy Suid-Afrika se natuur vderkoop, en hy vra mense om die geriewe waar leeus aangehou en geteel word vir die geblikte jagbedryf, te boikot.

Audrey Delsink, uitvoerende direkteur van HSI se Afrika-kantoor, sê die departement se besluit is skandalig aangesien dit nie net wreed is om leeus in aanhouding te teel nie, maar strydig met die internasionale gemeenskap se houding oor wilde diere wat in aanhouding geteel word.

Foto: Dr. Gerhard Verdoorn