Outa vang die hoofman uit

Nog ‘n verslag oor staatskaping het die lig gesien, hierdie keer deur die burgerlike organisasie Outa.

Outa het ‘n volledige dossier oor hulle ondersoek na staatskaping aan die Speaker van die parlement oorhandig.

Die hoofklagtes in Outa se verslag, is dat Jacob Zuma toegelaat het dat hy beïnvloed is met aanstelling van kabinetsministers;  dat hy swak gekwalifiseerde en onbevoegde individue aangestel het in besluitnemende poste;  dat hy korrupte individue toegelaat het om voordeel te trek uit staatskoffers en dat hy nie teen diegene opgetree het nie; dat hy sy kabinet wanbestuur het in so ‘n mate dat dit ‘n nadelige effek op die land en die ekonomie gehad het; dat hy willens en wetens die parlement en die nasie mislei het; dat hy sy posisie misbruik het om homself, sy familie, sy vriende en sy meelopers verryk het.

Die voorsitter van Outa, Wayne Duvenhage, meld dat hul die dokument aan die parlement oorhandig het sodat die parlementslede self kan besluit  hoe om in die komende wantrouedebat te stem.

Foto: Wayne Duvenage van Outa